C

Hierdie somer, Vat die regte pad – Jesus s’n: Nou beskikbaar by LUCA, geskryf deur Stephan Joubert!
 More about the book!

Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n ‘regte Christen’ moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland. Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.

Hierdie boek is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ’n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouer aflig om (buiten-)gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.

Oor die outeur

Prof Stephan Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te hê en om mense in en om die kerk op allerlei buite-die-boks-maniere te dien. As tentmakerleraar is hy deeltyds verbind aan Pierre van Ryneveld-gemeente asook by die Mosaïek-gemeente in Fairlands en die Moreletapark-gemeente. Stephan is ’n buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Universiteit van Nijmegen in Nederland. Stephan se boek Jesus – ’n radikale sprong is in 2010 bekroon met die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek.

Deur dieselfde outeur:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Christianity LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases Stephan Joubert Vat die regte pad – Jesus s'n


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments