C

Nuut! Daar’s iets vir elke hekelentoesias in 50 Tydlose Hekelpatrone deur Christa Swanepoel
 More about the book!

Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie hekelboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Hekel saam met Vrouekeur.

Die 50 hekelpatrone beloof om elkeen se hekel-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te hekel. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan hekel. Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te hekel.

Oor die outeur

Christa Swanepoel is Vrouekeur se hoofsubredakteur en gesondheidskrywer, ma van vier volwasse kinders en twee kleinkinders en ook predikantsvrou in Pretoria. Met soveel ysters in die vuur span sy met hierdie boekies haar stokperdjie in wat sy vir ontspanning beoefen om ander te begeester om ook die brei- en hekelpenne op te neem en kreatief te raak.

Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa

Tags 50 Tydlose Hekelpatrone Afrikaans Christa Swanepoel Crochet Hobbies LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Vrouekeur


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments