Uittreksel

‘Hm-hm. Hierso doen jy dit anders.’ Lees ’n skreeusnaakse uittreksel uit Amper Frans deur Louis Jansen van Vuuren

In sy jongste boek, Amper Frans, beskryf Louis Jansen van Vuuren hoe hy destyds tydens formele Franse onthale amper die hasepad gekies het. Lees ’n uittreksel.

Lees ’n uittreksel uit Die dooies praat nie, die sesde titel in Peet Venter se Thys Krige-reeks

In Die dooies praat nie, die sesde titel in Peet Venter se Thys Krige-reeks, bevind Thys homself met ’n belangrike dokument wat hy vir die ondersoekende joernalis Petro de Wet moet aflewer. Lees ’n uittreksel.

Lees ’n uittreksel uit Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser (Plus: Kyk na die aanlynbekendstelling op Facebook)

Lees ’n uittreksel uit Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser, ’n gotiese roman in die tradisie van Victoria Holt, en kyk na die aanlynbekendstelling op Facebook.

Lees drie stories uit Boodskapper van die gode deur Murray La Vita, benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse

‘Hello, Elvis here’: Lees drie stories uit Boodskapper van die gode, ’n keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays – benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse.

Lees ’n stomende uittreksel uit Smit Motors deur Réney Warrington, benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse

Lees ’n uittreksel uit Smit Motors deur Réney Warrington, wat onlangs benoem is vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse in die filmafdeling.

Video: Hoe lyk ’n hartseer likkewaan? Four Corners-akteur Brendon Daniels lees voor uit Swart Swaan deur Wilken Calitz

Die bekroonde akteur Brendon Daniels het onlangs ’n uittreksel voorgelees uit Wilken Calitz se betowerende debuutroman, Swart Swaan. Kyk na die video.

[2020 kykNET-Rapport-boekpryse] Lees ’n uittreksel uit Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake

Lees ’n uittreksel uit Robey Leibbrandt: ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake – benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse.

Op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe prosa: Lees ‘n uittreksel uit Strafjaart deur Theo Kemp

Die wenner van die Jan Rabie-Rapportprys word op 19 September bekendgemaak. Lees solank ‘n uittreksel uit Strafjaart deur Theo Kemp, ‘n storie waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.

Luister! Deon Lamprecht lees ’n uittreksel voor uit Die Brug: Na die hel en terug in Angola (Plus: Onderhoud)

Deon Lamprecht het onlangs ’n uittreksel voorgelees uit sy jongste boek, Die Brug: Na die hel en terug in Angola. Luister na die voorlesing.

Lees ’n uittreksel uit Zola deur Johan Jack Smith, wenner van die gesogte 2020 Eugène Marais-prys vir ’n debuutroman

In die hardebaard-riller Zola probeer twee speurders ’n reeksmoordenaar vastrek wat in die strate van Johannesburg verwoesting saai, met jong meisies as sy teiken. Lees ’n uittreksel.

‘Hoe sal jy die Kaap beskryf? Sonskyn of storms?’ Lees ’n uittreksel uit In sonskyn en storms deur Frenette van Wyk

Skrywer Frenette van Wyk het onlangs ’n kort uittreksel uit haar nuwe e-boek, In sonskyn en storms, op haar Facebook-blad gedeel. Lees die uittreksel.

‘Die hamer tref die houtpen met ’n dowwe knal’ – Lees ’n uittreksel uit Jan Vermeulen se gotiese riller, Nagjagter

Lees ’n uittreksel uit Nagjagter deur Jan Vermeulen, nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en as e-boek.

Lees ’n uittreksel uit Negentien minute deur Jodi Picoult, vertaal deur Daniel Hugo (Plus: Kyk na die boeklokprent)

Jodi Picoult se roman Negentien minute het pas in Afrikaans by Jonathan Ball Uitgewers verskyn, vertaal deur Daniel Hugo, en fokus op skoolskietery. Lees hier ’n uittreksel en kyk na die lokprent.

Hy lyk soos ’n Keltiese kryger en aanvaar nie ‘nee’ vir ’n antwoord nie: Lees ’n uittreksel uit Die Ier se ultimatum deur Nelia Engelbrecht

Lees ‘n uittreksel uit Die Ier se ultimatum deur Nelia Engelbrecht. Die heruitgawe het in Junie by LAPA Uitgewers verskyn ter viering van Romanza se vyftiende bestaansjaar.

‘Haar arms is om sy nek voor sy kan sê shiraz’: Lees ’n stomende uittreksel uit Didi Potgieter se e-rotiese roman, Perke

Voel jy ingeperk? Lees ’n uittreksel uit Didi Potgieter se stomende, sissende e-rotika, Perke.

‘Skrik is ’n sirene sonder klank’: Lees ’n uittreksel uit Malene Breytenbach se jongste spanningsverhaal, Skadumagte

’n Jong, roekelose joernalis ondersoek die moord op ’n regter. Lees ’n spanningsvolle uittreksel uit Skadumagte deur Malene Breytenbach.

‘Staan, Poppie, staan en laat jou gedagte gaan’: Lees ’n uittreksel uit Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis

LAPA Uitgewers het onlangs ’n uittreksel gedeel uit Hans du Plessis se jongste roman, Die opstand van Poppie Nel. In die uittreksel treur dominee Lukas nog oor die dood van sy vrou, Amanda, toe die arme Poppie Nel eendag in sy lewe verskyn.

‘Hy is aantreklik, intelligent en straal beheer uit’: Lees ’n uittreksel uit As dit voel soos liefde deur Didi Potgieter

Natasha is besig om van haar ontroue man te skei wanneer ’n aantreklike Brit haar asem wegslaan. Lees ’n uittreksel gedeel uit Didi Potgieter se jongste liefdesroman, As dit voel soos liefde.

[Video] ‘As jy hierdie brief in jou hande hou, beteken dit ek het nie die oorlog oorleef nie’: Marita van der Vyver lees voor uit Grensgeval

Gewilde skrywer Marita van der Vyver het onlangs ’n gedeelte voorgelees uit haar nuutste roman, Grensgeval, wat ook in Engels verskyn het as Borderline.

Lees ’n uittreksel uit ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé: Na haar man se dood moet Milan Stander oor begin op Vaalkrans

Ná Milan se man sterf in ’n vliegongeluk, moet sy haar rykdom en lewe in Sandton vaarwel roep. Lees ’n uittreksel uit ’n Huis vir altyd deur Cecilia Nortjé