C

Video: Moet ons waai? Drie politieke kenners debateer die groot vraag op Die Groot Ontbyt
 More about the book!

‘Moet ons waai?’ Dit was onlangs die groot vraag op Die Groot Ontbyt met Johrné van Huyssteen.

Johrné het met Pieter du Toit, Alida Kok en Elmien du Plessis gesels oor Suid-Afrikaners wat dit oorweeg om te emigreer. Sy gaste het elkeen bygedra tot die boek Moet ons waai? wat onlangs by LAPA Uitgewers verskyn het en saamgestel is deur Alet Law.

So, moet ons waai?

Alida is ’n politieke wetenskaplike en rubriekskrywer wat vir ’n tyd lank in Swede gebly het. Sy sê van buite af lyk dit asof mense in Europa wonderlike lewens het, maar – ‘Elke samelewing het maar sy uitdagings. Die gras is nooit groener aan die ander kant nie.’

‘Ek voel rêrig tuis in my land, met al sy moeilikhede,’ sê Elmien, ’n medeprofessor in die regte aan die NWU en grondhervorming- en eiendomsregkenner. ‘Ek voel ek het vaardighede wat gebruik kan word in die land om seker te maak dat die land opgebou kan word.’

Wat van die klakouse op die internet?

‘Ons kom deur ’n ontstuimige onlangse geskiedenis en by my is daar definitief ’n gevoel dat mens is hier en mens moet die plek laat werk,’ sê Pieter, ’n politieke joernalis en skrywer van The Stellenbosch Mafia‘Ek raak geweldig geïrriteerd met mense wat altyd die glas half leeg sien, wat ’n fout om elke draai soek en kritiek lewer sonder om werklik deel te wees van ’n struktuur om die land te verbeter.’

‘Ons het baie om oor gefrustreerd te wees in Suid-Afrika,’ voeg Alida by, ‘maar klim in en doen iets daaroor.’

Kyk na die video:

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Alida Kok Die Groot Ontbyt Elmien du Plessis Interviews Johrné van Huyssteen LAPA LAPA Uitgewers Pieter du Toit The Stellenbosch Mafia Video


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments