C

Wie is Cecilia Steyn en hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg? Vind uit in Afspraak met moord deur Jana Marx
 More about the book!

Nuut by LAPA: Jana Marx skryf oor een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis in Afspraak met moord.

Oor die boek

‘Daar was bloedspatsels oor die koffietafel, die banke en die banke se kussings. Peter en Joan was oortrek van steekwonde in hul rûe, nekke en agterkoppe. Nicholas het sy pa en ma gesigte na onder in ’n bloedbad op die mat in die sitkamer gekry. Hulle het hul hek en huis vir hul moordenaars oopgemaak, want hulle het ’n afspraak gehad.’

Elf wrede moorde oor ’n tydperk van vier jaar ruk die gemeenskap van Krugersdorp en haal landswyd nuusopskrifte. Eindelik word al hierdie moorde verbind met Cecilia Steyn en haar kultusgroep, Electus per Deus (uitverkies deur God). Lede van die groep aanbid die grond waarop Cecilia loop en sal selfs vir haar moord pleeg.

Die moordenaars is slim, gewone mense – ’n onderwyseres, ’n finansiële makelaar, ’n kind wat tussen die moorde deur steeds ses onderskeidings in matriek behaal en boonop keuring kry om medies te gaan studeer. Hul slagoffers het bloot ’n sakeafspraak nagekom, min wetend dat dít ’n afspraak met die dood was.

Wie is Cecilia Steyn? Hoe kan een mens vyf ander manipuleer om moord te pleeg en namens haar in die hof te lieg? Watter rol het Satanisme gespeel? Hoe ontduik onervare misdadigers die polisie vir so lank?

Jana Marx beantwoord dié en ander vrae wat gespruit het uit een van die opspraakwekkendste moordsake in die land se geskiedenis. Danksy onderhoude met diegene in die binnekring, hofgetuienis en polisiedossiere oor ’n tydperk van vier jaar, poog Marx om die publiek se vrae te beantwoord en ’n blik te gee op die binnewerkinge van só ’n kultus.

***

Who is Cecilia Steyn? How can one person manipulate five others to commit murder and perjury on her behalf? Through interviews with those in the inner circle, evidence given in court and police files covering a period of four years, Marx attempts to answer the public’s questions and provide a view of the inner workings of the cult to which Steyn supposedly belonged.

Posted by LAPA Uitgewers on Friday, February 28, 2020

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Afspraak met moord Cecilia Steyn Jana Marx LAPA LAPA Publishers LAPA Uitgewers New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments