C

Wat het regtig daardie aand by die koshuis gebeur? Vind uit in Die Stella-moorde deur Susan Cilliers – binnekort beskikbaar!
 More about the book!

‘Maar, Xander, wat het by die koshuis gebeur? Ons weet jy was by die koshuis. Wat het presies gebeur daar? Vertel vir my. Jy kan maar met my gesels, Xander… Praat met my, ou seun, moenie slaap nie. Wat het gebeur by die koshuis? Ek weet jy wil nie daaroor praat nie, maar jy moet. Wat het gebeur by die koshuis, Xander?’

En toe is dit asof die damwal meegee.

Die moord op twee pragmeisies in hul skoolkoskuis vroeg op ’n wintersoggend in 2018 het die hegte boeregemeenskap van Stella in Noordwes onherroeplik getraumatiseer. Die ysingwekkende feite van die saak het trouens die hele Suid-Afrika geruk.

Xander Bylsma (19), ’n aantreklike boerseun van die omgewing, is aangekla van die wrede wurgmoorde op die sprankelende Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht, ’n skrander donkerkop. Watter intriges het tot die moord gelei? En hoe leef die gesinne van drie belowende en geliefde jong mense met die gevolge van ’n grudaad in ’n gemeenskap van vervlegte lewens?

Susan Cilliers, skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels, skryf indringend oor die vrae wat ná die hofsaak onbeantwoord bly, oor lewens vernietig in hul fleur en oor die moontlikheid van berusting en vergifnis.

Oor die outeur

Susan Cilliers is sedert 2010 Netwerk24 se verslaggewer in Noordwes. Sy was vroeër ’n artikelskrywer by Huisgenoot en het ’n meestersgraad in joernalistiek. Cilliers is ook die skrywer van die topverkoper Huis van Gruwels: My 16 jaar in die Springs-hel, wat ook in Engels beskikbaar is as House of Horrors.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags Afrikaans Die Stella-moorde Huis van gruwels LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Noordwes Stella Susan Cilliers True crime


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments