C

Vind hoop, inspirasie en antwoorde deur plaaslike skrywers by LUCA, ’n nuwe druknaam vir die Christenmark

Penguin Random House SA stel met trots bekend: LUCA, ’n Christendruknaam met ’n moderne aanslag.

Die splinternuwe druknaam beloof om lesers te help om hoop, inspirasie en antwoorde te kry. Uitgewer Veronica Scholtz sê: ‘Ons is toegewyd en opgewonde om nuwe inspirerende stories en boeke oor die Christelike lewe en die studie, begrip en genot van die Bybel te publiseer.’

Elsa Winckler se fiksieboek Arendsvlerke vir Siebert verskyn in April by LUCA. ‘Ek is trots om die eerste skrywer te wees wie se boek by LUCA uitgegee word!’ sê sy. ‘My boek gaan oor die vernietigende gevolge van dwelmmisbruik op ’n geliefde.’

Lees die persverklaring:

Penguin Random House SA stel nuwe druknaam vir Christenmark bekend

Penguin Random House Suid-Afrika het pas ’n nuwe Christendruknaam genaamd LUCA bekend gestel. Die naam is afgelei van die Latynse woord ‘lux’ wat ‘lig’ beteken en weerspieël hoe LUCA lesers sal help en lei om hoop, inspirasie en antwoorde te kry in ’n wêreld waar dit al hoe moeiliker word om gelowig te wees en te bly.

Veronica Scholtz, uitgewer van LUCA, sê die druknaam se aanbod sal modern wees en leesstof aan alle ouderdomme bied, van kinders tot volwassenes, met ’n wye verskeidenheid genres van fiksie tot nie-fiksie. ‘Ons is toegewyd en opgewonde om nuwe inspirerende stories en boeke oor die Christelike lewe en die studie, begrip en genot van die Bybel te publiseer,’ sê Scholtz.

Lesers kan uitsien na:

  • Opbouende en inspirerende boeke wat gesonde spirituele groei aanwakker.
  • Vermaaklike kinderboeke met ’n geloofgebaseerde tema deur geliefde skrywers.
  • Plaaslike stories deur Suid-Afrikaners wat maniere gevind het om terugslae deur hul geloof te bowe te kom.
  • Boeke wat die leser lei tot ’n dieper verstaan en toepassing van die Bybel.

Die eerste publikasie, wat in April bekendgestel word, is die fiksieboek vir volwassenes getiteld Arendsvlerke vir Siebert deur die bekroonde skrywer Elsa Winckler. Dit is ’n aangrypende en boeiende verhaal oor liefde, oorwinning, Christelike waardes, en die impak van dwelmmisbruik op ’n gesin.

Winckler sê: ‘Ek is trots om die eerste skrywer te wees wie se boek by LUCA uitgegee word! My boek gaan oor die vernietigende gevolge van dwelmmisbruik op ’n geliefde. Ek het Arendsvlerke vir Siebert geskryf om hoop te gee aan almal wat al moes saamleef met verslawing of emosionele ondersteuning gebied het aan verslaafdes.’

LUCA se boeke sal vanaf April aanlyn en landwyd by boekwinkels beskikbaar wees.

Kontak Christine Craze vir meer inligting by ccraze@lapa.co.za of 062 345 3712, of besoek www.lapa.co.za.

Volg LUCA op sosiale media:

Einde

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Christendruknaam Christianity LAPA Uitgewers LUCA News Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments