Video: Hoe lyk ’n hartseer likkewaan? Four Corners-akteur Brendon Daniels lees voor uit Swart Swaan deur Wilken Calitz
More about the book!
Die bekroonde akteur Brendon Daniels het onlangs ’n uittreksel voorgelees uit Wilken Calitz se betowerende debuutroman, Swart Swaan.
Brendon is veral bekend vir sy rol as Osman in Deon Meyer se TV-reeks Trackers, Farakhan in Four Corners, Ben Saloor in Die spreeus, Constable Krige in Arendsvlei, Slim Sixteen in Five Fingers for Marseilles en nog vele meer.
Brendon doen die voorlesing op ’n koue Kaapse dag voor ’n knetterende vuur. Hy begin:
‘Dit is die hartseerste likkewaan wat Mossie al ooit gesien het. Seker oorlat die ding in ’n glaskas bo teen die Masonic se nuwe muur moet sit en vir al die dronkgatte kyk wat met Linda flirt.’
Kyk na die video:
https://www.facebook.com/Umuzites/videos/1332233406972313/
Brendon is nie die eerste akteur wat Wilken se boek geniet het nie. Fynskrif-aktrise en boekwurm Lea Vivier het ook vroeër vanjaar ’n grepie uit Swart swaan op haar Instagram-profiel voorgelees.
- Video: Fynskrif-aktrise Lea Vivier lees voor uit Wilken Calitz se debuutroman, Swart swaan
-
Lees ’n uittreksel uit Wilken Calitz se betowerende debuutroman, Swart swaan
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Book excerpts Book extracts Brendon Daniels Penguin Random House SA Swart swaan Uittreksel Video Voorlesing