C

Shirmoney Rhode resenseer Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds, vertaal deur Nathan Trantraal
 More about the book!

‘Om van die Kaapse Vlakte te kom en Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds te lees, is soos om ’n splinter uit jou voet te haal met ’n skerp spyker.’

Só skryf die skrywer en digter Shirmoney Rhode oor Jason Reynolds se roman Long way down, wat deur die digter Nathan Trantraal na Afrikaans vertaal is.

Lees die resensie:

Om van die Kaapse Vlakte te kom en Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds (oorspronklik Long way down en vertaal deur Nathan Trantraal) te lees, is soos om ’n splinter uit jou voet te haal met ’n skerp spyker. ’n Leeservaring waarin jy jou eie wonde verder oopkrap omdat die storie só bekend en close to home is. Ek moes plek-plek die boek neersit om asem te skep, want ek is (veral nou met die bendegeweldkrisis op die Kaapse Vlakte) uiters sensitief oor die onderwerp. Dis ook waarom hierdie boek so relevant is. Alhoewel Jason Reynolds Amerikaans is, is die temas van die boek universeel en lees dit asof die boek in die Kaap afspeel. Dis natuurlik te danke aan Nathan Trantraal se sublieme Kaapse Afrikaanse vertaling van die boek.

 

Oor die boek

Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem.

Will is vyftien jaar oud. Hy het ’n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s’n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek. Of weet hy regtig? Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van ’n groter storie as die een wat hy dink hy ken …

Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om ’n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen – en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Jason Reynolds Lang pad onnetoe LAPA LAPA Uitgewers Litnet Nathan Trantraal Resensies Reviews Shirmoney Rhode Translation


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments