C

Nuut deur die skrywer van Bloedsteen, Irna van Zyl: Op ’n mooi dag – wanneer jou ergste vrees waar word
 More about the book!

‘Dis die langste wat ek nóg moes raai oor wie die moordenaar is, net om heeltemal verkeerd te wees. Van Zyl ken haar stede, sy ken haar platteland en sy ken haar intrige!’ – Kabous Meiring

Met Louw Roodt se verdwyning ná ’n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie.

Was Louw in ’n ongeluk, het sy ’n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agtergelaat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?

Toe breek die nuus van ’n man wat in ’n Kaapse hotel vermoor is. Dieselfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeër dié dag die gasspreker by haar werk was. Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? ’n Voorval wat vir Louw ’n groot sielkundige knou gegee het.

Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.

Oor die outeur

Irna van Zyl is die skrywer van die gewilde misdaadromans Moordvis, Gifbeker en Bloedsteen. Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en entrepreneur en was onder andere redakteur van De Kat, Insig en Boeke-Insig. Voordat sy voltyds begin skryf het, was sy die uitvoerende direkteur van ’n toonaangewende bemarkingsagentskap. Irna het talle pryse vir haar werk ontvang, onder meer die Orde van Tafelberg vir haar sakeprestasie. Sy woon in Kaapstad.

Foto met dank aan die skrywer:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Irna van Zyl New books New releases One Fine Day Op 'n mooi dag Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments