C

Nuut by LUCA: Die tint van ons toekoms deur Johan Cilliers (Plus: Wen ’n kopie op LUCA se Facebook-blad voor 12 Sept)
 More about the book!

Die psalmboek is ’n eeue oue bron van vertroosting. Dit verwoord ons vrese, onsekerhede, vreugde en hoop. Dit spreek tot ons met troos en verwagting en afwagting. Die psalms is hartswoorde wat uit die dankbare of gekwelde hart van mense na God opstyg. Daar is verwondering oor die skoonheid van die skepping en die vaste patrone daarin. Daar is ook psalms wat deurdronge is van ervarings van krisis en nood. Dis ’n roepe uit ons hart na God. Daar is psalms waarin die lofliedere, dankbaarheid en hernude verwondering oor God se genade en voorsiening opklink.

In Die tint van ons toekoms ondersoek Johan Cilliers die psalms as wegwysers na oordenkings oor verwonding, verwondering en verwagting met die hoop dat dit die leser op ’n nuwe weg sal plaas, ’n nuwe toekoms tegemoet. In die psalms praat en bid, sug en sing mense hul hart voor God uit. Maar God praat daarin ook sy hart teenoor ons uit. In ’n sin is dit ’n gesprek van hart tot hart. Dis God wat ons uit die skadu’s van lyding en leed, verwonding en dood uitlei en ons toekoms algaande versadig met lig.

Besoek LUCA se Facebook-blad voor 12 September 2021 om ’n kans staan om die boek te wen!

Oor die outeur

Professor Johan Cilliers het sy teologiese opleiding by Stellenbosch en die Ruprecht Karl Universiteit in Heidelberg, Duitsland ontvang. Hy was predikant by twee gemeentes (in Durban en Stellenbosch) en is ’n afgetrede professor van Homiletiek en Liturgie by die teologiese fakulteit van die Universiteit Stellenbosch. Hy is die skrywer van verskeie artikels en boeke wat praktiese kwessies oor geloof aanspreek.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Die tint van ons toekoms Geestelike Boeke LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases Prof. Johan Cilliers


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments