C

Nuut by LAPA: Corali, die finale boek in Chanette Paul se Vywervrou-trilogie (Plus: video)
 More about the book!

Die derde boek in Chanette Paul se Vywervrou-trilogie, Corali, is uiteindelik hier!

Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?

As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.

Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ‘n Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.

Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ‘n rol in haar lewe speel. Boeta Naude wat vir haar soos ‘n kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.

Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie wat gaan oor vroue en mans wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie. Kyk na die lokprent:

Corali – Chanette Paul

Hier is sy nou! Corali is die derde deel van die Vywervrou-trilogie.Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?As jong, uiters begaafde kunstenaar sou Corali feitlik enigiets doen om haar kunstenaarskap voluit te kon uitleef. Daarom sou die kinders wat haar geliefde so graag wou hê hoegenaamd nie in haar lewe ingepas het nie. Haar ambisie en smagting na erkenning laat Corali uiteindelik tot die ondenkbare instem, al kos dit haar die man wat sy liefhet.Vyf jaar later besef Corali eers hoe duur sy daardie erkenning gekoop het en hoe tydelik en vervlietend roem is. Ná jare in Frankryk en Engeland keer sy terug na Vywerbaai waar sy as kind vakansies deurgebring het. Die eensaamheid knel. Die verbod wat aan haar gestel is, versmoor haar. ʼn Swaard hang oor haar kop. Haar familie het haar afgeskryf. Alles wat vir haar betekenisvol was, het sy verloor.Geleidelik begin die mense uit haar Suid-Afrikaanse verlede egter weer ʼn rol in haar lewe speel. Boeta, wat vir haar soos ʼn kleinboet is. Leon, die verinneweerde, afgetrede dokter met sy eie stryd en pyn. Mirre vir wie sy jare gelede onder haar vlerk geneem het, maar met wie sy kontak verloor het.Corali is NOU BESKIKBAAR by jou naaste goeie boekwinkel of aanlyn! https://lapa.co.za/fiksie/vywervrou-coraliChanette Paul

Posted by LAPA Uitgewers on Wednesday, February 5, 2020


Oor die outeur

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

Navorsing vir Lira het haar geïnspireer om windklingels van bottels te maak. Mirre het ongelukkig geen effek op haar gebrekkige kulinêre vermoëns gehad nie. Vir Corali het sy mosaïek beproef en daar is nou twee bont vensterbanke wat nog met voegbry afgewerk moet word in haar skryfhuis.

Chanette het reeds in ’n verskeidenheid genres gepubliseer en ’n hele paar van haar boeke is bekroon. Corali is haar sewe-en-veertigste roman en die derde, en laaste, deel van die Vywerbaai-trilogie wat gaan oor vroue wat hulle lewenslesse op die moeilike manier leer, maar nie moed opgee nie. Lira en Mirre gaan Corali vooraf.

Besoek gerus Chanette se webwerf by www.chanettepaul.co.za om meer te wete te kom oor haar boeke. Sy gebruik ook Facebook en ander sosiale media.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Chanette Paul Corali LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Vywervrou-trilogie


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments