Nou beskikbaar! Die eerste Afrikaanse kriptiese blokraaiboek saamgestel deur Willem Swanepoel
More about the book!
Daag jouself uit met Die eerste Afrikaanse kriptiese blokraaiselboek, saamgestel deur Willem Swanepoel.
Wil jy verder as sinonieme en glanspersoonlikhede dink vir jou blokraaisels? Sien jy kans om jou laterale denke te laat gedy? Die wonderlike woordwêreld van kriptiese blokraaisels wag.
’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding om diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te vind.
Die eerste Afrikaanse kriptiese blokraaiselboek bevat dertig nuwe raaisels en ’n meer uitdagende bonusraaisel. Kan jy dié breinbreker oplos sonder om die oplossings te raadpleeg?
Sterkte vir die reis, en onthou:
’n Toeristeskip sonder soetgoed, is duister ten opsigte van betekenis!
TOERISTESKIP met die letters S O E T verwyder = RITESKIP, skommel dan die letters en jy kry KRIPTIES.
Kripties = duister ten opsigte van betekenis.
Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Die eerste Afrikaanse kriptiese blokraaiboek LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Willem Swanepoel