C

’n Sielkundige riller wat naelbytspanning belowe – Bloedsuier deur Leon van Nierop
 More about the book!

Bloedsuier deur Leon van Nierop is ’n sielkundige riller wat naelbytspanning belowe.

Oor die boek

Toe Maryke, ’n jong hipnoterapeut, ’n kwak wat gehore kamma hipnotiseer probeer ontmasker, skud iets in haar onderbewuste los. Het dit te doen met die inbraak tydens haar matriekjaar? Wat is dit wat sy vergeet het?

Lukas probeer haar help. Hy is haar steunpilaar en mentor, en die man op wie sy verlief is. Ook hý moet veg om ’n greep op sy verlede te kry.

Maar die bedreiging is nie net in Maryke se kop nie: Vreemde briewe en onheilspellende geskenke maak dit duidelik dat iemand haar dophou. Iemand wat enigiets sal doen – miskien selfs sal moor – om seker te maak sy onthou.

Oor die outeur

Leon van Nierop (gebore 1953) is ‘n Suid-Afrikaanse skrywer van meer as 20 boeke, ‘n joernalis, aanbieder, akteur en filmresensent. Hy is veral bekend vir sy radio- en televisiereekse Ballade vir ’n Enkeling, Stralejakkers en Ratels.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bloedsuier Leon van Nierop New books New releases Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments