C

’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde – Nellie en Sion: Thwala deur Claire Browne Storrar is nou beskikbaar! (Plus: Uittreksel)
 More about the book!

’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde

Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie titel is die tweede in die Nellie en Sion-reeks en gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in.

Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die konsep van thwala – die Zulu woord vir iets op jou kop dra. Deur ’n vlak stroom te kruis vir ’n piekniek op die oorkantste oewer, leer Nellie vir Sion die kuns van thwala. Sion leer dat daar meer as een manier is om jou kop te gebruik as jy gekonfronteer word met ’n probleem. Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen. Ook in Engels beskikbaar as Nelly and Sam: Thwala.

Oor die outeur

Claire Browne Storrar het reeds baie jare as kopieskrywer in van Suid Afrika se topreklame-agentskappe spandeer. Sy het ’n BA in Engels en Sielkunde en ’n nagraadse diploma in Kopieskryf, waar sy bo-aan haar klas gegradueer het. Sy het al ’n verskeidenheid industriepryse verower, van Goue Loeries tot Arende, en sy was derde tussen die meesbekroonde kopieskrywers van 2014. Sy glo dat kreatiwiteit harte oopmaak, die waarheid ontbloot en mense verbind. Sy word nog altyd deur woorde geïnspireer en het reeds in haar kleintyd verspotte toneelstukke geskryf, gevolg deur ’n kortverhaal oor haar kat waaraan geen mens nog blootgestel is nie … nog nie. Claudette is ’n vrou en ma van twee seuns en bly in die Midlands van KwaZulu-Natal.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Childrens books Claudette Browne Storrar LAPA LAPA Uitgewers Nellie en Sion Nellie en Sion Thwala Nelly and Sam New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments