C

’n Hart is net atome deur Cecilia Steyn – ’n skreeusnaakse grafiese roman vir jonk en oud
 More about the book!

’n Hart is net atome is ’n fantastiese grafiese roman deur geliefde jeugboekskrywer Cecilia Steyn en illustreerder Danielle Albertyn.

Pho is ’n Chinees-Afrikaanse meisie met ’n ystervuis, maar haar tradisionele Chinese pa keur nie sy dogter se boks goed nie. Hy sou verkies dat sy meer tyd aan haar studies spandeer. Theo, Pho se aantreklike beste vriend en grootste ondersteuner, sit met dieselfde penarie: hy wil ’n wetenskaplike word, maar sy ma wil hê hy moet die familie se pizzeria oorneem.

Pho het egter nog ’n probleem: sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het net oë vir Nisa – die gewildste meisie in die skool. Nisa stem in om met Theo uit te gaan, maar Pho is vas oortuig Nisa doen dit net om haar eks jaloers te maak. En so begin Operasie Sabotasie – met skreeusnaakse gevolge.

’n Hart is net atome is perfek vir liefhebbers van romantiese komedie.

Oor die outeur

Cecilia Steyn is ’n skrywer van Orkney in Noord-Wes. Sy is in Welkom in die Vrystaat gebore. Na matriek begin sy ʼn loopbaan in die apteekbedryf waar sy vir baie jare as takadministreerder werk. In 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, probeer sy vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. In 2015 woon sy ʼn ATKV-skryfskool by die NWU by. Cecilia behaal sukses in die jeug-genre met verhale soos Die meisie op die dak (Lapa Uitgewers), die Tienerharte-reeks en die #PresiesAnders-reeks (Human & Rousseau). Haar reeks, Lea Lief (Lapa Uitgewers), is ook gewild vir jonger lesers veral omdat dit ʼn sterk omgewings- en bewaringsfokus het. In 2017 ontvang sy ’n ATKV-Kinderboektoekenning vir Tienerharte 2, Hartedief en in 2018 vir #PresiesAnders: Eksperimente en eerste soene.

Oor die illustreerder

Danielle Albertyn. Biologist. Illustrator. Designer. Weirdo. These are all the things Danielle is, in no particular order. She started self publishing her own comics for conventions in 2016, but was interested in them long before that. Danielle started reading them around age nine and was heavily inspired by Japanese comics (manga) from her teenage years. She still reads them. Her favourites include X1999 and Full Metal Alchemist, both made by women. Right now, she works as an illustrator and graphic designer, but who knows what she’ll be up to tomorrow.

 

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags 'n Hart is net atome Afrikaans Cecilia Steyn Danielle Albertyn Grafiese roman Graphic Novels LAPA LAPA Uitgewers New books New releases YA Young Adults


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments