Luister: Wat dryf vroue soos Cecilia Steyn om te moor? Jana Marx gesels met Lynette Francis op RSG oor Afspraak met moord
More about the book!
Jana Marx was onlangs ’n gas op RSG se Praat Saam-program waar sy met Lynette Francis gesels het oor haar jongste boek, Afspraak met moord. Lynette het met kenners gesels oor die faktore wat lei tot vroue wat moor.
Lynette noem die vrouemisdadigers wat die land se verbeelding aangegryp het – Daisy de Melker, Joey Haarhoff, Najwa Petersen, Dina Rodrigues en Thandi Maqubela – en om 08:30 vra sy vir Jana om meer te vertel oor Cecilia Steyn, die leier van die Krugersdorp-kultus.
‘Sy het ses mense oortuig om 11 mense namens haar dood te maak,’ vertel Jana. ‘Hierdie moordenaars was gewone mense … wat ander gewone mense doodmaak.’
Jana sê Cecilia het dikwels godsdiens gebruik om mense te oortuig om te doen wat sy wou hê. ‘Vir hulle sou sy vertel, “Dit is jou godsdienstige plig om dit te doen” of “jy gaan God gelukkig maak as jy dit doen”. Haar hele onderneming was gebou om hierdie geloofsaspek.’
Wat dryf vroue om te moor? Wat het Cecilia Steyn met ander vrouemisdadigers soos Dina Rodrigues of Daisy de Melker in gemeen?
Luister na die potgooi:
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Afspraak met moord Cecilia Steyn Daisy de Melker Dina Rodrigues Interviews Jana Marx Joey Haarhoff LAPA LAPA Uitgewers Lynette Francis Najwa Petersen RSG Thandi Maqubela