C

Lig jou Wenkbrou vir Kroonwild, Henk Breytenbach se jongste spanningsroman
 More about the book!

In die vorige bedeling was Paul van Heerden se lewe een van gemak: groot huis in Pretoria se vooraanstaande woonbuurt, vanselfsprekende bevordering in die werk, welvaart en voorspoed.

Toe kom die opstande en die grondbesetting. Nou word die Volksrepubliek van Azanië deur Die Party regeer. Alle wit mense is Weskaap toe verban. Dié wat in Azanië wil werk, word toegelaat, maar word onderwerp aan dieselfde vernederende praktyke wat gedurende die Apartheidsjare beoefen is.

Paul se vrou en kinders sit in ’n tentekamp in die Kaap, hy bly in ’n hostel en sukkel om sy werk te behou. Paul het egter ’n plan: hy begin met mampoer smokkel. Kort voor lank het hy ’n weldoener en sakevenoot in Thabo Ntombela, mampoerstokers en verspreiders. Besigheid lóóp. Maar in Azanië wil elkeen sy deel hê en ’n wit man soos Paul is so goed soos kroonwild.

Kroonwild is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel en as e-boek:

Oor die outeur

Henk Breytenbach het BSc in Rekenaarwetenskap. Hy werk en woon in Hartebeespoortdam. Hy word veral geboei deur die wel en wee van voormalige agente van die formele intelligensie-agentskappe, die ou apartheidspioene, en wonder dikwels wat van hulle geword het. Dit is rype grond vir spekulatiewe fiksie.

Categories Afrikaans Fiction

Tags Afrikaans Henk Breytenbach Kroonwild LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Wênkbrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments