C

Lief vir die natuur? Wen ’n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika deur Johan Marais! Neem deel voor 30 Nov
 More about the book!

Aandag, alle slangliefhebbers … Een gelukkige leser kan die maand wegstap met ’n kopie van Johan Marais se jongste boek, ’n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika.

Voltooi die kompetisievorm op Penguin Random House SA se webwerf voor 30 November 2022 om in te skryf. Bepalings en voorwaardes geld.

Hierdie langverwagte derde uitgawe van ’n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika is ten volle opgedateer. Nuwe inligting gebasseer op wetenskaplike navorsing is ingesluit, en hou verband met gedrag, identifikasie, voortplanting en gif.

Kenmerke van hierdie boek:

  • Dek al die noodsaaklike aspekte van biologie en slang gedrag.
  • Spesies se beskrywings word vergesel van volkleur fotos en verspreidingskaarte.
  • Eenvoudige simbole maak belangrike inligting dadelik beskikbaar.
  • ’n Aparte ‘Kyk uit vir’ blokkie help om spesies in die veld gou te identifiseer.
  • Hoofstukke oor klassifikasie en identifikasie, aanhou van slange, en die behandeling van slangbyte vul die inligting aan.

Hierdie omvattende gids sal van onskatbare waarde wees vir herpeteloë, slangversamelaars, voetslaners, tuiniers en enigeen wat meer van slange wil weet.

Oor die outeur

Johan Marais is ’n entrepreneur, natuurkenner en fotograaf wat die afgelope 35 jaar aansienlik tot reptielbewaring bygedra het. Hy is die skrywer van verskeie boeke, waaronder die topverkoper, ’n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika, en bestuur die Afrika Slangbytinstituut. Hy bestee die meeste van sy tyd aan toeligting oor reptiele en om slangbewustheid by die publiek te kweek, ook hoe om slange veilig te hanteer.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags 'n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika Afrikaans Competitions Johan Marais Kompetisie New books New releases Penguin Random House SA Wen Win


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments