C

Lees ‘Skoeter’ deur Nanette van Rooyen en nog uittreksels uit Tyd is ’n b**ksem en ander belaglik lekker tekste deur Marieta Nel
 More about the book!

LAPA Uitgewers het onlangs n uittreksel gedeel uit Tyd is ’n b**ksem en ander belaglik lekker tekste saamgestel deur Marieta Nel, ’n voormalige onderwyseres en ’n kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak.

In hierdie splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir die hoërskool lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard en nog meer.

Loer gerus binne die boek na kortverhale deur Nanette van Rooyen en Solet Scheeres, n gedig deur Marius F. Titus en n dramateks deur De Wet Hugo.

Lees die uittreksel:

Skoeter

– Nanette van Rooyen

Ma dra ’n onderbaadjie by haar jeans. ’n Bruin ene van leer wat haar hippiesuster vir haar van Buenos Aires af gebring het. Haar hippiesuster sê Buenos Aires beteken ‘goeie lug’. Ma se stewels is van bruin kwaliteitleer en het ’n middelmatige hakkie. Haar handsak, ook van suiwer leer, pas perfek by die stewels. Alles saamgebind deur Ma se kraakwit knopiesbloes. Dit is die klere wat sy aantrek wanneer ons ‘stad’ toe gaan. Een keer ’n maand. Stad beteken Kaapstad. Sewe en sestig kilometer ver van ons gewelhuis met die rooi stoep wat rondom die huis loop. Ons woon op ’n volstruisplaas naby Malmesbury.

Die volstruise is Pa se babies. Ma s’n is staticeblomme. Plate harde pers blommetjies wat haar hippiesuster van Wildernis eendag ‘begrafnisblommetjies’ genoem het. Hulle praat nou nog nie met mekaar nie. Dié Ronda-suster bel my skelm en dan skinder ons oor Ma totdat die hond kom kyk hoekom ek so histeries lag.

Vandag ry ons stad toe al is dit nie eers die einde van die maand nie…

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Boekuittreksel Book excerpts Book extracts De Wet Hugo LAPA LAPA Uitgewers Marieta Nel Marius F. Titus Nanette van Rooyen Solet Scheeres Studiegids Study Guides Tyd is 'n b**ksem en ander belaglik lekker tekste Uittreksel


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments