C

Leer om jouself deur God se oë te sien in Rig jou gedagtes hierop deur John Stange – nou beskikbaar by LUCA!
 More about the book!

Ons harte en gedagtes ontvang daagliks ’n ontelbare hoeveelheid boodskappe. Sommige hiervan is waar en behulpsaam, maar ander maak seer, verwoes of is nie in lyn met die boodskappe wat God vir ons in sy innige liefde en wysheid wil gee nie. Watter boodskappe kies jy om te glo en aan jouself te herhaal? Hoe klink jou interne gesprek wanneer jy na jou spieëlbeeld staar? Spreek jou woorde van hoop en geloof, of van nederlaag en moedeloosheid?

Watter verskil glo jy sal dit maak as jy vir die volgende een-en-dertig dae sou kies om te fokus op wat die Here vir jou wil sê en wat Hy reeds vir jou in sy Woord vertel het? Laat Rig jou gedagtes hierop die eerste stap in die opwindende reis wees na nuwe insigte, geestelike bemoediging en onderskraging. Ontdek die krag van self-aanvaarding en daaglikse geestelike vernuwing wat voortvloei vanuit die persoonlike boodskappe vir jou uit die Woord van God.

Oor die outeur

John Stange is ’n volgeling van Jesus, getroud met Andrea, en die pa van vier kinders. Hy het grade in Bybelkunde, Opvoeding, en Berading, en is ’n gesertifiseerde spreker, leier en afrigter by die John Maxwell span. John is die hoof pastoor by die Core Creek Gemeenskapskerk in Langhorne, PA, VSA. Hy is ’n ereprofessor by Cairn-universiteit waar hy kursusse aanbied oor kerkplanting, teologie en berading. John dien ook as die direkteur van die National Mission Board wat ’n bediening is wat op kerkplanting en algemene kerkgesondheid fokus. Sy bediening is DesireJesus.com.

***

Jy kan nou ’n kans staan om Rig jou gedagtes hierop en nog vier pragtige LUCA-boeke te wen! Teken in op LUCA se nuusbrief voor 30 Junie 2022 om in aanmerking te kom vir die prys.

Bepalings en voorwaardes geld.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans John Stange LAPA Uitgewers LUCA New books New releases Rig jou gedagtes hierop


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments