C

LAPA en Lizz Meiring stel bekend: Soete sonde, ’n versameling stories oor die verleidelikste ding op aarde – sjokolade
 More about the book!

Soete sonde, ’n smullekker kortverhaalbundel saamgestel deur Lizz Meiring, is nou beskikbaar by LAPA.

’n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade

Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk – dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd ’n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.

In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Daar’s komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.

Indien enige een nog twyfel of dié stukkie sonde dalk ’n goeie geskenk sal maak, sou die lys van skrywers dalk net die nodige oortuiging bied: Clari Niemand, Miles Griffiths, Mafunyane Rossouw, Johann Smith, Ryno Eksteen, Cecilia du Toit, B Clarke, Brechje Visagie, Belinda Nel, Lizette Murray, MC Botha, Tilla Diederichs, Chrissie Naudé, Henque Heymans, Clarissa Benade, Gielie Hoffmann, Johann du Toit, Monja Beyers, Paula Pereira, Willem van der Walt, en Jak de Priester.

Oor die outeur

Lizz Meiring is ’n aktrise, vervaardiger, skrywer en selferkende plesiervraat, hedonis en sjokolis. Sy is ook bekend as televisie-aanbieder, teater-regisseur, dramaturg, roman- and teksskrywer en lektor.

Lees wat sê leser Anschen Conradie oor dié boek op Facebook:

Dankie Anschen Conradie!#SoeteSonde – Lizz Meiring (samesteller)#Lapa#PasellaboekHierdie is nou ‘n lekker…

Posted by LAPA Uitgewers on Wednesday, February 5, 2020

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags LAPA LAPA Uitgewers Lizz Meiring New books New releases Short Stories Soete sonde


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments