Soete sonde

Graffiti-aanlynkuier: Lizz Meiring gesels met Hannes van Wyk oor Soete sonde, ’n kortverhaalbundel oor sjokolade (16 Julie)

LAPA Uitgewers en Graffiti Boeke nooi jou uit na ’n aanlynbekendstelling van Soete sonde, ’n kortverhaalbundel oor sjokolade saamgestel deur Lizz Meiring.

LAPA en Lizz Meiring stel bekend: Soete sonde, ’n versameling stories oor die verleidelikste ding op aarde – sjokolade

In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen.