LAPA en Lizz Meiring stel bekend: Soete sonde, ’n versameling stories oor die verleidelikste ding op aarde – sjokolade
More about the book!
Soete sonde, ’n smullekker kortverhaalbundel saamgestel deur Lizz Meiring, is nou beskikbaar by LAPA.
’n Versameling woorde oor die verleidelikste ding op aarde: Sjokolade
Die mensdom se emosionele verhouding met sjokolade is legendaries. Van suikersoet tot bittersoet, van donker tot melk – dié lekkerny bied ons oor al die eeue heen troos, terapie, hedonisme en loutere plesier. Sjokolade was nog altyd ’n simbool van belofte, versugting, verlange en sensualiteit.
In Soete sonde ondersoek bekende skrywers en nuwe stemme die tekstuur van sjokolade in al sy heerlike vorme – van lewensredder tot moordwapen. Daar’s komedie, satire, sensasie, tragedie, die absurde en fantasie. Sommige stories daag jou uit, ander verskuif grense en baie laat jou tot in jou kiewe lekkerkry.
Indien enige een nog twyfel of dié stukkie sonde dalk ’n goeie geskenk sal maak, sou die lys van skrywers dalk net die nodige oortuiging bied: Clari Niemand, Miles Griffiths, Mafunyane Rossouw, Johann Smith, Ryno Eksteen, Cecilia du Toit, B Clarke, Brechje Visagie, Belinda Nel, Lizette Murray, MC Botha, Tilla Diederichs, Chrissie Naudé, Henque Heymans, Clarissa Benade, Gielie Hoffmann, Johann du Toit, Monja Beyers, Paula Pereira, Willem van der Walt, en Jak de Priester.
Oor die outeur
Lizz Meiring is ’n aktrise, vervaardiger, skrywer en selferkende plesiervraat, hedonis en sjokolis. Sy is ook bekend as televisie-aanbieder, teater-regisseur, dramaturg, roman- and teksskrywer en lektor.
Lees wat sê leser Anschen Conradie oor dié boek op Facebook:
https://www.facebook.com/LAPA.Uitgewers/photos/a.625164724204303/2655405014513587/
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags LAPA LAPA Uitgewers Lizz Meiring New books New releases Short Stories Soete sonde
1 Votes
Related
- Find out more about Michiel Heyns’s remarkable new novel The Wildest Beauty
- Find out more about It’s Complicated – the new romance novel by Nivashni Nair Sukdhev
- Join Shameez Patel for the launch of her new romcom Next Level Love in Cape Town (27 Jan)
- Listen to an excerpt from Cursed Daughters – the glittering follow-up to the award-winning bestseller My Sister, the Serial Killer
- Don’t miss the launch of To Sharpen Our Senses and Soften Our Touch by Chris Soal at WHATIFTHEWORLD Gallery (13 Dec)
