C

Kom luister saam na Annerle Barnard wanneer sy met Hannes Barnard gesels oor Halley se komeet (12 Julie)
 More about the book!

LAPA Uitgewers en Medfm nooi jou om te kom luister na Annerle Barnard in gesprek met Suid-Afrikaanse jeugboekskrywers, Hannes Barnard (LAPA) en Sally Partridge (NB-uitgewers).

Skakel in op Sondag 12 Julie, wanneer Annerle met Hannes gaan gesels oor sy jeugroman Halley se komeet.

Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

Besonderhede

Datum: Sondag 12 Julie 2020
Tyd: 20:00
Plek: Luister op Medfm
Facebook-uitnodiging

Kom luister saam na Annerle Barnard wanneer sy met Hannes Barnard gesels oor Halley se komeet. Sondag,12 Julie om 20:00 op Medfm: http://radiosa.org/embed/medfm-community/

Posted by LAPA Uitgewers on Thursday, July 9, 2020

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Annerle Barnard Book events Halley se komeet Hannes Barnard Interviews LAPA LAPA Uitgewers Medfm


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments