Jy handle dit net deur Eleanor Lombard is nou beskikbaar! Perfek vir kinders 11 jaar en ouer
More about the book!

Drikus voel soos God se afskeepkind.
Hy kan nie rugby speel nie. Hy het nie veel maats nie. Hy verloor die skaaktoernooi. En dan is hy in ’n fietsongeluk en daar is nie geld om sy fiets reg te maak nie. Wat nou?
Hy besluit om worsbroodjies te begin verkoop om geld te maak, en toe ontmoet hy vir Donovan, ’n straatkind met ’n unieke uitkyk op die lewe.
So begin ’n ongewone vriendskap wat al twee seuns se lewens onherroeplik verander.
Geskik vir ouderdomme 11+.
Oor die outeur
Eleanor Lombard is in 1950 in Kaapstad gebore. Op skool in Hoërskool Kemptonpark blink sy uit in drama en ontvang in haar matriekjaar ’n ATKV-jeugtoneel oorkonde as beste toneelspeelster in Transvaal. Na haar skoolloopbaan verwerf sy ’n BA graad aan Tukkies, ’n onderwysdiploma (met lof) in Potchefstroom en ’n honneursgraad in geskiedenis aan UNISA. Tydens haar onderwysloopbaan is sy lektrise in Afrikaans aan die Bellville Opleidingskollege. Sy en haar man, Pieter, is lief vir reis en sy publiseer gereeld reisartikels. Sy skryf ook verskeie radiodramas en was ’n finalis in die RSG/Sanlam radiodrama-skryfkompetisie. Sy debuteer in 2022 met Jy handle dit net. Eleanor en Pieter woon tans in Tergniet, naby Mosselbaai. Sy is die ma van drie kinders en die trotse ouma van twee kleinkinders.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Eleanor Lombard Jy handle dit net LAPA Uitgewers LUCA New books New releases
1 Votes
Related
- An epic tale with a message for us all: our power is fleeting, but our stories last forever. This is Salman Rushdie at his best.
- The new episode of Pagecast is out now! Prue Leith chats about her latest cookbook Bliss on Toast
- Has BEE achieved what it was set up to do, or, in the long term, will it prove more of a hindrance than a help? Chris Bishop investigates in The BEE Billionaires
- Cover reveal! Pamela Power’s #sobercurious new memoir My Year of Not Getting Sh*tfaced
- Don’t miss the launch of Nicci Robertson’s Thrive: Healthy Recipes that Break the Diet Rules at Jackson’s Real Food Market Bryanston (9 Feb)