C

‘Julle! Ek het nog ’n storie!’ Aleit se glans en geure leef voort in kookboek … binnekort beskikbaar by LAPA Uitgewers
 More about the book!

LAPA Uitgewers is trots om aan te kondig dat wyle Aleit Swanepoel se eerste en laaste kookboek in November vanjaar gepubliseer sal word. Die uitgewer is geëerd om betrokke te wees by hierdie besondere nalatenskap van die geliefde glansfiguur.

Kyk eerskomende Saterdag, 24 September, om 18:00 ‘Die Laaste Tyd Met Aleit’ op kykNET om ’n voorsmakie te kry van waarna jy kan uitsien in die kookboek. ’n Gedeelte van die program sal fokus op die produksie van die boek.

Die boek

AleitApteit is ’n boek gevul met Swanepoel se stories. Kom reis en kook saam met hom, met ongeveer 50 resepte nie net uit sy eie pen (en kombuis) nie, maar ook uit dié van sy vriende. Kom beleef saam die nostalgie, sy spesiale menswees en die heerlike kos wat hy nie net smullekker kon maak nie, maar ook mooi kon laat lyk: die ‘Aleit-Way’.

Deel sy hartskos – veral sy Sondagmiddagetes in sy ouerhuis, net soos sy ma dit gemaak het. Dit was spesiaal vir hom, en hy wou dit graag oordra en met sy mense deel. Hy het aande gesit en skryf, en dit dan baie opgewonde aan sy span gestuur en gesê: ‘Julle! Ek het nog ’n storie!’

AleitApteit is ’n hoofstuk van sy nalatenskap en ’n manier waarop hy vir altyd in mense se hart, kombuis en lewe kan voortleef. Dit is ’n pragkookboek, maar ook een wat deel van jou kombuis se bestanddele moet uitmaak – gevul met bekende hartskos en bypassende stories geskryf deur ’n legende.

Die skrywer

Aleit Swanepoel het in Worcester grootgeword waar die verskillende reuke en geure van sy ma se Sondagmiddagetes in sy ouerhuis hom altyd geïnteresseer het. Nadat hy naam gemaak het as een van Suid-Afrika se voorste beplanners van glansgeleenthede, het hy sy eerste leefstylprogram op kykNET, Tyd met Aleit, bekendgestel. Dit was van die eerste episode af ’n groot sukses – en kort voor sy afsterwe het hy klaar geskiet aan die sewende seisoen. Saam met die glans was Aleit lief vir kos en lief vir geure. Hy het bekendes van regoor die land onthaal en sy oog vir kleiner detail was ongelooflik. Sy kennis en filosofieë word deur sy skool, die Aleit Academy, voortgesit.

Die boek sal teen November beskikbaar wees by boekwinkels landwyd of aanlyn by www.lapa.co.za

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Aleit Swanepoel AleitApteit Binnekort Beskikbaar Kookboek kykNET LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Tyd met Aleit


1 Votes

You must log in to post a comment

0 Comments