Jou diepste vrees is sy grootste begeerte … Die Bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks is nou beskikbaar by Wenkbrou!
More about the book!
Jou diepste vrees is sy grootste begeerte …
Geen lang naels nie. Geen skoenveters nie. Dit is maar enkele van die reëls in die Molenberg-Psigiatriese hospitaal. Selfmoord is ’n inwoner hier, en die pasiënte word as psigopate bestempel.
Dominique du Randt word in Molenberg opgeneem ná haar ma se wrede moord. Niemand glo dat sy nie verantwoordelik is vir haar ma se dood nie. Niemand glo dat sy deur ’n man agtervolg is wat homself die Bewonderaar noem nie. Haar sielkundige, Martin, het wel sy bedenkinge. Daarom dat hy sy eie speurwerk doen. Wat Martin ontdek, is die Ophelia-klub. ’n Plek van grusame geheime, fantasieë en donker vergrype.
Wanneer een van die vroulike pasiënte in Molenberg-Psigiatriese hospitaal verdwyn, is Dominique oortuig die Bewonderaar weet presies waar sy is. Hy is, soos voorheen, weer in beheer van dié skrikwekkende spel. Maar hoe beskerm jy jouself in ’n plek soos Molenberg? Hier waar niemand jou glo en jy geen vryheid of beheer het nie?
- Lees ’n uittreksel uit die eerste boek in die reeks, Dominique
Oor die outeur
Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 30 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy. Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times. Sy het sewe boeke op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing, V-Verhale, Seks, Leuens en die Internet, Agter Grendels en Dominique. Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Die Bewonderaar Erla-Mari Diedericks LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Wênkbrou