C

Hou verby, Twilight! Elikser deur Frenette van Wyk is nou beskikbaar
 More about the book!

Elikser deur Frenette van Wyk is ’n eerste in sy soort – ’n opwindende bonatuurlike romanse vir jong volwassenes in Afrikaans!

Oor die boek

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat ’n paar maande gelede deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is. Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering.

Lily kom egter voor meer uitdagings te staan. Sy ontdek ’n geheim oor Sterling wat die wind uit haar seile neem en ’n bonatuurlike wêreld vir haar oopsluit, een wat sy gedink het net in fantasieë bestaan. Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop hulle eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …

Oor die outeur

Vir Frenette van Wyk beteken verhale skryf om iets uit jou hart te haal en lewe daaraan te gee. Die verhale bied vir haar net soveel opwindende ontvlugting en avontuur as vir haar lesers. Sy is ’n romantikus en skryf graag liefdesverhale met gelukkige eindes – iets wat grens aan die sprokiesagtige, en tog iets waarna elke vrou verlang en waarin hulle met hart en siel wil glo. Sy woon in Pretoria saam met haar man Etienne en is ’n trotse ouma.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Elikser Frenette van Wyk LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Romance Supernatural YA Young Adult


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments