Hoe hou mens dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God? Vind uit in Die lig van sy nabyheid deur Anne Graham Lotz
More about the book!
Die geliefde Bybelleraar en dogter van Billy Graham deel die ryke skatkis van haar persoonlike gebede om die leser te begelei tot dieper, meer intieme daaglikse gesprekke met God.
Soos baie van ons, het Anne Graham Lotz gesukkel met gebed. Deur die jare het sy ontdek dat haar gebede en gesprekke met die Here verdiep en meer intiem word wanneer sy dit neerskryf. Die lig van sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart bevat veertig van hierdie tere, eerlike gebede vir werklike situasies wat jou aanmoedig om jou eie gebedslewe te verdiep deur aanbidding, belydenis, danksegging en voorbidding.
Die boek moedig die leser aan volledig op God se beloftes te vertrou en bevat vele bemoedigende oordenkings, inspirerende aanhalings en ook ruimte vir die leser om sy of haar eie woorde aan die Here neer te skryf.
Oor die outeur
Anne Graham Lotz is die dogter van die bekende prediker, wyle Billy Graham. New York Times het haar aangewys as een van die vyf invloedrykste evangeliste van haar generasie. Anne se boeke is topverkopers en pryswenners deur die hele wêreld in baie tale.
Categories Afrikaans Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Anne Graham Lotz Billy Graham Die lig van sy nabyheid Die lig van sy nabyheid: Gebede wat jou naderbring aan God se hart LAPA LAPA Uitgewers LUCA New books New releases