C

‘Emosioneel was die Afrikaanse boek bitter moeilik’: Deon Wiggett oor ’n Enkele verhaal, die Afrikaanse weergawe van My Only Story
 More about the book!

In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid-Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het.

Nou, in ’n Enkele verhaal, vertel hy vir die eerste keer ’n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante onderwyser en latere mediabaas wat ’n donker lewe gelei het.

Melt Myburgh het met Deon gesels oor sy podsending en die boek wat tegelyk in Engels en Afrikaans verskyn het.

‘As jy dink jy ken die storie van die podcast af, you don’t,’ sê Deon. ‘Die podcast was ’n exposé; die boek is meer ’n investigative Bildungsmemoir.’

Lees die onderhoud:

Jou podsendings, wat die wêreld in 2019 regop laat sit het, was in Engels. Nou vertel jy die volle verhaal in ’n boek wat gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn. Het die verhaal vir jou op ander maniere betekenis gekry toe jy dit in Afrikaans geskryf het as wat die geval met die Engels was? Was die medium van die Engels ’n buffer tussen jou as verteller en die inhoud van die verhaal?

Dit was bes moontlik ’n rookie error om die boeke onmiddellik na mekaar te skryf. Emosioneel was die Afrikaanse boek bitter moeilik. In die Engels kan mens amper antropologies omgaan met Afrikaansheid, wat die prosa ’n dissosiatiewe narratiewe posisie gee, wat my goed pas.

Maar dit was nie ’n opsie wat geredelik in Afrikaans beskikbaar was nie – dis nou nie asof jy Afrikaanse mense kan vertel hoe Bloemfontein is nie. So die narratiewe fokus in die Afrikaanse teks is twee stappe nader – it moves from the universal to the peculiar. Die Afrikaanse boek is ’n baie ander skepsel as die Engels; dis een van die redes waarom dit ’n Enkele verhaal genoem word.

 

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa South African Current Affairs

Tags 'n Enkele Verhaal Afrikaans Deon Wiggett Interviews Litnet Melt Myburgh My Only Story Penguin Random House SA


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments