C

Die vyfde bundel in die Romanza Nostalgie-reeks is hier! Lees twee van Alma Carstens se heel eerste liefdesverhale
 More about the book!

Romanza Nostalgie: Alma Carstens

Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf …

’n Nuwe bruidegom

Haar vernedering voor die preekstoel skryf sy net aan een man se inmenging toe – Quinton Rousseau. Die Masai Mara in Kenia is dalk ver genoeg om van die Rousseau’s te vlug, maar nie van haar haat nie.

Verlore jare

Isabella staan ná vyf twintig jaar weer voor die seun wat sy laat aanneem het en sy pa. Maar dis net sy wat dit weet en dis te laat om te praat.

Oor die outeur

Ná jare in Kenia en Malawi, het Alma Carstens en haar man die Afrika-stof van hul voete afgeskud. Sedert 2015 woon hulle in Bangkok, Thailand. Stories skryf en lees was nog altyd vir haar meer as net ’n stokperdjie; deesdae is dit ’n noodsaaklikheid wat help met die verlange na hul kinders in die Kaap. Sy is dol oor reis, goeie wyn, ’n kaggelvuur en die see.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Alma Carstens LAPA LAPA Uitgewers LAPA Uitgewers eReader APP New books Romanza Romanza Nostalgie Romanza Nostalgie-reeks Romanza Nostalgie: Alma Carstens


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments