Bederf jouself … Prop Carmen Niehaus se nuutste kookbook Lekker en goed vandag nog in jou kerskous!
More about the book!
Lekker & goed: Heerlike kos propvol heilsaamheid is Carmen Niehaus se nuutste kookbook nadat sy reeds meer as 20 kookboeke uitgegee het.
Dit is ’n lekker-eet-boek met ou bekendes en nuwelinge wat gesonder gemaak is om steeds heerlik te kan eet sonder om skuldig te voel – net soos Carmen aan huis eet. Lekker & goed sluit ook ’n paar resepte in wat lae-koolhidrate bevat, glutenvry en vegetaries is en bevat heelwat vars en ongeprosesseerde produkte.
Carmen strewe na ’n gesonde lewenswyse en haar kookfilosofie en grootste uitdaging is daarom juis om alledaagse kos gesonder te maak sonder dat dit smaak of geur inboet. Die uitgangspunt is amper ’n tipe Mediterreense eetstyl, eerder as ’n dieetboek of ’n gesondheidshandleiding.
Oor die outeur
Carmen Niehaus was 32 jaar lank die kosredakteur van die land se grootste tydskrifte, Huisgenoot en YOU. Sy was ook verantwoordelik vir die bekende kookboekreeks Wenresepte waarvan letterlik oor ’n miljoen kopieë verkoop is. Meer as 20 kookboeke en veel meer kostydskrifte het al uit haar pen verskyn, en sy was ook aanbieder van die TV-reeks Jy het ’n Wenresep op Via.
Net nadat die ergste Covid-maatreëls in 2020 ietwat gelig is, het sy en haar gesin permanent Langebaan toe verhuis, en daarvandaan woeker sy nou voltyds onder haar eie handelsmerk aan verskeie opwindende kosprojekte. Dit wissel van resepontwikkeling, kosstilering, kookklasse, kospraatjies en demonstrasies tot die maak van kosvideo’s en televisieoptredes. Sy is veral doenig op sosiale media, met sowat 20,000 volgelinge.
Carmen doen steeds kosstories vir Huisgenoot en YOU en is veral nou betrokke by die rooibosteemaatskappy Carmién Tea saam met wie sy rooibosslaaisouse en -soute uitgebring het. Sy het ook haar eie kombuislapreeks met unieke ontwerpe wat sy self gestileer het. As sy nie besig is met uittoetswerk in haar kombuis met die mooi uitsig oor die Langebaanmeer nie, snuffel Carmen graag in plaasstalle en oudhede-winkels rond of ontspan met haar neus in die nuutste kostydskrifte en kookboeke.
Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Carmen Niehaus Cooking Kookboek LAPA Uitgewers Lekker en goed Lekker en goed: Heerlike kos propvol heilsaamheid New books New releases