C

Agter grendels deur Erla-Mari Diedericks, nou beskikbaar by Wenkbrou
 More about the book!

Emmanuel sal altyd haar kryptonite wees. Hy was eens haar beste vriend, maar hulle het uitmekaargedryf ná ’n insident op Stellenbosch. Nou herken Natasja nie die Emmanuel wat ’n bekende fotograaf in New York is nie. Sy herken nie die man wat sy bed met die een model na die ander deel nie.

Wanneer Emmanuel by sy suster, Natasja se huismaat, in Suid-Afrika kom kuier, gryp die noodlot en Covid-19 in: hy en Natasja moet vir ’n maand lank onder dieselfde dak leef. Hulle kan nie langer die verlede en die aantrekkingskrag tussen hulle ignoreer nie. Kan ’n verkeerde besluit in die verlede oorkom word? Haar ekskêrel sal enigiets doen om haar terug te wen, maar Natasja het haar hart agter slot en grendel geplaas. Sal Emmanuel haar hart kan oopsluit? Net die tyd sal leer. En tydens die inperking is tyd al wat hulle het!

Nie vir kinders of preutse lesers nie.

Oor die outeur:

Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 28 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy. Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times. Sy het drie boeke op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing en V-Verhale. Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig.

Agter grendels is nou beskikbaar:

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Agter grendels Erla-Mari Diedericks LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Romance Wênkbrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments