50 Tydlose Breipatrone: Kreatiewe idees en nuttige wenke vir elke brei-entoesias
More about the book!
Van babakomberse en sjaals tot truie en bykomstighede, hierdie breiboek bied ’n versameling van 50 hoogtepunte uit die baie suksesvolle reeks, Brei saam met Vrouekeur.
Die 50 breipatrone beloof om elkeen se brei-lus te bevredig en jou te inspireer om daardie babakombers of trui te brei. Die patrone is mooi en prakties genoeg sodat enigiemand dit kan brei.
Daar is ’n groot verskeidenheid patroonsteke vir oud en jonk en nuttige wenke wat jou die geleentheid bied om ook ander artikels te brei.
- Ook beskikbaar: 50 Tydlose Hekelpatrone deur Christa Swanepoel
Oor die outeur
Christa Swanepoel is Vrouekeur se hoofsubredakteur en gesondheidskrywer, ma van vier volwasse kinders en twee kleinkinders en ook predikantsvrou in Pretoria. Met soveel ysters in die vuur span sy met hierdie boekies haar stokperdjie in wat sy vir ontspanning beoefen om ander te begeester om ook die brei- en hekelpenne op te neem en kreatief te raak.
Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa
Tags 50 Tydlose Breipatrone Afrikaans Brei saam met Vrouekeur Christa Swanepoel Knitting ideas LAPA LAPA Uitgewers New books New releases