C

[Luister] Waldimar Pelser: ‘Ek fokus op oneerlikheid, dubbele standaarde, en mense wat ons land skade aandoen’
 More about the book!

Rapport redakteur en bekroonde joernalis en skrywer Waldimar Pelser was ‘n gas op Podlitiek op Maroela Media waar hy met Paul Maritz en Ernst van Zyl gesels het oor sy jongste boek, In gesprek met Waldimar: Sy 100 beste ontledings, inleidings en beledigings.

‘Die boek vat saam ‘n honderd kommentare wat ek direk in die kamera ingelewer het vanaf 2016 tot Julie 2019,’ sê Waldimar. ‘In van daardie inleidings het ek uiting gegee aan my eie hoop en vrees oor wat in die land aangaan – die gevaar van Zuma, die dubbele standaarde van die ANC, die ongelooflike skadelike geneigdheid in die DA om identiteitspolitiek onkrities aan te neem.’

‘Ek het op die program, en dit dokumenteer die boek nou, gefokus op oneerlikheid, dubbele standaarde, en mense wat ons land skade aandoen.’

Luister na die uitsending:

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans In gesprek met Waldimar Interviews LAPA LAPA Uitgewers Maroela Media Podcast Podcasts Podlitiek Rapport Waldimar Pelser


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments