Beïndruk jou gesin met 50 maklike huiskosresepte uit Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman
More about the book!
Karlien kan nie kook nie deur bekende sangeres Karlien van Jaarsveld en leefstylsjef Izelle Hoffman het in Oktober vanjaar op LAPA se rakke verskyn.
Oor die boek
Resepte só maklik, enigeen kan dit maak! Karlien van Jaarsveld het baie talente, maar kook is nie een van hulle nie. Soos baie ander mense wil Karlien die berge invaar wanneer iemand haar vra: ‘Wat eet ons vanaand?’
Toe kom leefstylsjef Izelle Hoffman met 50 resepte vorendag wat só maklik, lekker en vinnig is dat selfs Karlien dit kan maak!
Die gevolg is ’n heerlike resepteboek propvol wengeregte wat jy met min moeite en eenvoudige bestanddele in ’n japtrap kan maak.
Karlien kan nie kook nie sluit alles in van familiekos en trooskos tot romantiese etes vir twee en lekkernye vir die kroos.
Of jy nou vinnig iets ná werk aan mekaar wil slaan of die Sondag grênd wil onthaal, dié boek gaan elke keer tot jou redding kom. Beïndruk jou gesin en jou gaste met hartlike huiskos wat na baie moeite lyk, maar geen moeite is nie!
Oor die samestellers
Karlien van Jaarsveld is ‘n Afrikaanse aktrise en sangeres and is getroud met sanger Bobby van Jaarsveld. Haar debuutalbum, As die Gordyn Val, is in 2010 uitgereik.
Izelle Hoffman is ‘n sakevrou, leefstylsjef en kosredakteur by Muscle and Fitness Hers en Men’s Fitness Magazine. Sy is ‘n gereelde gas op Die Groot Ontbyt en Real Health op The Home Channel.
Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Cookbooks Izelle Hoffman Karlien kan nie kook nie Karlien van Jaarsveld LAPA LAPA Uitgewers New books New releases