C

Probeer hierdie gratis resep vir Ma Cliffie se soetpatats uit AleitApteit deur Aleit Swanepoel
 More about the book!

AleitApteit is ’n pragkookboek gevul met die geliefde Aleit Swanepoel se gunsteling stories en resepte. Geniet hierdie smullekker resep vir soetpatats net soos Ma Cliffie dit gemaak het.

Ma Cliffie se soetpatats

Maak ongeveer 2 – 4 porsies

Bestanddele

  • 2 pakkies (500 g elk) gesnyde patat
  • 6 gemmerkoekies, fyngedruk
  • ½ k bruinsuiker
  • 3 e botter
  • 4 kaneelstokkies vir garnering

Metode 

  1. Voorverhit die oond tot 180° Celsius.
  2. Maak die patat gaar in die mikrogolf. Sny die een hoekie af – ongeveer 5 minute per pakkie op hoog.
  3. Meng die koekies en suiker saam.
  4. Pak eers ’n lagie patat in ’n oondbak.
  5. Strooi die gemmerkoekies en suikermengsel bo-oor die patatlagie.
  6. Herhaal die proses vier keer.
  7. Sit klontjies botter bo-op en bak vir 10 minute.
  8. Gebruik die grill-funksie aan die einde sodat dit bo-op lekker bros word.

Loer na die resep op Facebook:

Categories Afrikaans Cookery Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Aleit Swanepoel AleitApteit Book excerpts Book extracts LAPA LAPA Uitgewers Ma Cliffie se soetpatats Recipes Resepte


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments