C

Kom luister na Sunel Combrinck se voorlesing uit haar debuutverhaal, Hartklop, by Bargain Books Rustenburg! (3 Des)
 More about the book!

LAPA Uitgewers en Bargain Books nooi jou graag na ‘n voorlesing uit Sunel Combrinck se debuutverhaal, Hartklop: Die ontwaking van winter

Hartklop is die eerste verhaal in ‘n opwindende nuwe fantasiereeks deur ‘n belowende debuutskrywer. Moenie haar voorlesing dié Saterdag misloop nie!

Besonderhede

Datum: Saterdag 3 Desember 2022
Tyd: 11:00
Plek: Bargain Books, Platinum Square, Rustenburg

Oor die boek

Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink, en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.

En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blouoog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?

Oor die outeur

Sunel Combrinck is ’n hoërskool-onderwyseres en jeugleier met ’n hart vir jongmense en stories. Sy bedryf ook ’n skryfskool by Hoërskool Eldoraigne in Centurion waar sy tieners die kuns van storieskryf leer en is ook die Pretoria-afdelingshoof van ROSA, Romance Writers Organisation of South Africa. Tans leef sy haar eie romanse uit saam met haar universiteitsliefde en hulle kosbare, besige, rooikop Bytjie-meisiekind. Hartklop is haar debuutverhaal.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Bargain Books Boekvoorlesing Book events Book launches Hartklop Hartklop: Die ontwaking van winter. LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Rustenburg Sunel Combrinck


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments