C

Geen verskonings nie: Kom vier Murasie deur Chanette Paul regoor Gauteng! (27-30 Sep)
 More about the book!

LAPA Uitgewers nooi jou graag na die bekendstellings van Murasie deur Chanette Paul in Randburg en Pretoria!

Die Strandveld loop dik van die stories in Chanette se jongste roman. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters – die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste ’n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop.

Moenie die geleenthede misloop nie!

Besonderhede

Randburg, Johannesburg

In gesprek met Ilse Salzwedel

Datum: Dinsdag 27 September 2022
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: Exclusive Books Cresta, Beyers Naudé-rylaan 264, Randburg
RSVP: events@exclusivebooks.co.za

Montana Park, Pretoria

In gesprek met Phyllis Green

Datum: Donderdag 29 September 2022
Tyd: 09:30 vir 10:00
Plek: Del Forno Restaurant, Hoek van Breed- en Sefako Makgatho-straat, Montana Park, Pretoria
Prys: R90 per persoon
RSVP: Voor of op 24 September by 012 548 2356 of shop@graffitibooks.co.za

Erasmuspark, Pretoria

Kom ontmoet die skrywer!

Datum: Vrydag 30 September 2022
Tyd: 17:00 tot 19:00
Plek: Wordsworth Books, Castle Gate, Koedoesneklaan, Erasmuspark, Pretoria

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Boekbekendstellings Book events Book launches Chanette Paul LAPA Uitgewers Murasie Pretoria Randburg


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments