C

NOU beskibaar by Wenkbrou – Liefdesles deur Vita du Preez! #DisIngewikkeld
 More about the book!

Vita du Preez se jongste roman is hier! Liefdesles is die derde en laaste boek in haar erotika-trilogie en volg op Klaskamer en Skoolgeld.

Daniël en Emma se verhouding bly ingewikkeld. Daniel moet sy vervreemde vrou, Sally, oorreed om die egskeiding toe te staan en Emma het besluit om alle bande met hom te verbreek tot hy ’n vry man is.

Emma kom voor ’n nuwe uitdaging te staan wanneer sy uitvind sy is swanger. Gaan Daniel daarop aandring dat hulle trou bloot omdat sy sy baba verwag? Sal Daniel haar steeds na sy klaskamer neem? Is BDSM veilig tydens swangerskap? Sal Daniel ooit vrede maak met sy verlede en die trauma kan verwerk wat hy as jong seun beleef het?

Vir Daniel en Emma kom die liefde uiteindelik met baie lesse.

Oor die outeur

Vita du Preez se eerste romanse As sterre blom het in 1996 verskyn terwyl sy voltyds as argivaris by die WNNR gewerk het. Daarna het verskeie titels uit haar pen die lig gesien. Skuiling van die hart is ’n persoonlike gunsteling van haar, en is ’n historiese roman wat tydens die Boereoorlog afspeel. ’n Man vir Mia was ’n finalis vir die LAPA-liefdesverhaaltoekenning in 2005/2006.

Nadat sy in 2002 Kaap toe verhuis het, het sy vryskutvertaalwerk begin doen, wat later ’n heeltydse werk geword het. Sy het meer as sestig Mills & Boon en Harlequin Intrigue-titels vertaal. Ná tien jaar in die bedryf het sy besluit genoeg is oorgenoeg en weer voltyds op haar skryfwerk begin fokus. Sy was lus vir ’n nuwe uitdaging en het besluit om ’n ander genre – liefdesromans – aan te pak. Waar die son omdraai, haar eerste liefdesroman, het in 2014 verskyn. Tans skryf sy aan ’n reeks oor vier vroue waarvan die eerste twee Solitaire en Woestynroos reeds verskyn het.

Vita kry haar inspirasie uit die alledaagse, waar goeie en slegte goed met mense gebeur. Haar karakters is mense met wie moderne Afrikaanse vroue van alle ouderdomme kan identifiseer. Sy plaas hulle in realistiese situasies waar hulle met hedendaagse kwessies worstel wat alle vroue raak: verlies, egskeidings, swangerskappe, gesinsverhoudings, chauvinisme, uitdagings in die werkplek en natuurlik die liefde. Gelukkige eindes, nes standvastige verhoudings, kan ons almal beskore wees as ons ons lewensvreugde, balans en humorsin behou, glo sy.

Deesdae woon Vita saam met haar man Riaan du Plessis in die Strand en wanneer sy nie skryf nie, maak sy tuin, lees en kuier saam met vriende.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans BDSM Erotika Klaskamer LAPA Uitgewers Liefdesles New books New releases Skoolgeld Vita du Preez Wênkbrou


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments