C

Miskien moet ’n mens liewer nie te diep delf nie. Een vir een deur Peet Venter is nou beskikbaar!
 More about the book!

‘Peet Venter het homself oortref; veral weens die menslike broosheid wat hierdie teks deurstraal.’ – Louis Esterhuizen

Miskien moet ’n mens liewer nie te diep delf nie.

Die onderwêreld is in rep en roer. Kaptein Fritz Hartzer ondersoek die moord op taxibaas Baloyi en die Rus Slović, invloedrykes in Gauteng se georganiseerde misdaad. Ook binne misdaadbaas Don Knox se kringe is roeringe. Is iemand besig om die grootkoppe in georganiseerde misdaad een vir een uit te haal, of is dit bloot die gevolge van hulle toenemende kompetisie met mekaar?

Fritz se aantekeninge wys op die moontlikheid dat iemand binne wetstoepassing of regeringskringe betrokke is. Wanneer Slović se vriendin binne die polisiestasie, onder sy wakende oog, vermoor word, wéét Fritz dat iemand binne eie geledere betrokke moes wees. Fritz is nie juis bekend vir sy subtiele aanslag nie. Nou moet hy met groot versigtigheid sy ondersoek doen en boonop met kolonel Shaun Davids van Georganiseerde Misdaad saamwerk.

Die druk is hoog en die tyd min. Maar is dit alles die moeite werd – veral as Fritz bykans nooit meer by die huis is om sy vrou en dogter te sien nie?

Oor die outeur

Peet Venter is gebore in Krugersdorp in 1940, geskool op Louis Trichardt en matrikuleer by Hoërskool Wonderboom in 1958. Daarna studeer hy BMus en BSc voor hy verdere tegniese opleiding in Landbou Ingenieurswese ontvang. Hy trou in 1967 en kry twee kinders terwyl hy as ontwerptegnikus in Pretoria werk vanaf 1971 tot sy aftrede in 2005. Peet bly in die Dinokeng-bewarea, waar hy skryf, verf en homself met plaaswerk besig hou.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Een vir een Krimi LAPA LAPA Uitgewers Misdaadroman New books New releases Peet Venter


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments