C

Fanie Viljoen, Andre Trantraal en Linki Brand wen ATKV-Kinderboektoekennings 2021

Die ATKV-Kinderboektoekennings 2021 is verlede week bekend gemaak! Veels geluk aan Fanie Viljoen, André Trantraal en Linki Brand met jul onderskeie toekennings.

Fanie se jeugroman, Offers vir die vlieë, wen die Selfleeskategorie: Graad 8 tot graad 10. Hierdie grensverskuiwende roman wen ook die LAPA Jeugromankompetisie 2019.

André se kinderboek, Keegan en Samier: Die sokker-fiasko, wen die Selfleeskategorie: Graad 2 en graad 3.

Linki wen die prys vir die beste illustreerder in die Voorleeskategorie: Graad RR en graad 1 vir haar spogtekeninge in Magriet die stadshoender.

Veels geluk aan al die wenners!

Lees die persverklaring:

ATKV-Kinderboektoekennings 2021: Hier is die wenners

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.

Die beoordelaars van hierdie toekennings is jong lesers self. Dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.

Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk.

Die jongspan se keuses vir die beste kinderboeke van die jaar is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR en graad 1

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Pan Macmillan SA) – Moenie die melk vergeet nie
  • Illustreerder: Linki Brand (LAPA Uitgewers) – Magriet die stadshoender

Selfleeskategorie: Graad 2 en graad 3

  • Skrywer: André Trantraal (LAPA Uitgewers) – Keegan en Samier: Die sokker-fiasko
  • Illustreerder: Tumi K. Steyn (Pan Macmillan SA) – Minki in die middel 

Selfleeskategorie: Graad 4 en graad 5

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Pan Macmillan SA) – Oupa Zombie
  • Illustreerder: Theodore Key (Pan Macmillan SA) – Oupa Zombie

Selfleeskategorie: Graad 6 en graad 7

  • Skrywer: De Wet Hugo (Human & Rousseau) – Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf

Selfleeskategorie: Graad 8 tot graad 10

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Offers vir die vlieë

Einde

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Andre Trantraal ATKV-Kinderboektoekennings 2021 Fanie Viljoen Keegan en Samier: Die sokker-fiasko Linki Brand Magriet die stadshoender News Nuus Offers vir die vlieë


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments