C

En die wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2019 is: Fanie Viljoen met Offers vir die vlieë!
 More about the book!

Fanie Viljoen het vanjaar die eersteprys losgeslaan in LAPA se Jeugromankompetisie met sy distopiese verhaal, Offers vir die vlieë. Die kompetisie vind elke twee jaar plaas, en Fanie se vorige jeugromans Poenk (2010) en Afkop (2015) was voorheen naaswenners.

In gesamentlike tweedeplek is Maretha Maartens met Bethel se berg en Jan Vermeulen met Baster. LAPA gee ook spesiale erkenning aan ’n debuutskrywer, Tertius Janse van Rensburg.

Wees op die uitkyk vir al drie wenboeke wat later vanjaar by LAPA verskyn.

Lees die persverklaring:

Bethel se berg is ’n historiese jeugroman in die styl van ’n memoire wat gaan oor Bethel, ’n jong tienermeisie in die 1980’s wat saam met haar ma en sibbe in ’n kombi van dorp na dorp reis. Bethel se ma bak vetkoek om die gesin aan die lewe te hou, maar hulle bly nooit lank genoeg op een plek om wortel te skiet nie.

Baster is ’n verhaal wat handel oor ’n seun wat met honde kan praat. Die roman vertel van die honde waarvoor hy lief is, maar ook die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur.

Die wenner van 2019 se kompetisie is Fanie Viljoen met sy uitdagende, distopiese jongvolwasseverhaal Offers vir die vlieë. Eliam en sy vriende is op pad na die Front om in die oorlog te veg waarvoor hulle al van kleins af brutale opleiding ontvang.

Foto’s met dank aan Books LIVE en LitNet

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Awards Baster Bethel se berg Fanie Viljoen Jan Vermeulen LAPA LAPA Jeugromankompetisie 2019 LAPA Uitgewers Maretha Maartens News Offers vir die vlieë Tertius Janse van Rensburg


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments