C

’n Noodlottige fratsongeluk uit hul kinderdae spook by drie niggies in Stil vloei die Komati deur Elize Parker
 More about the book!

’n Fratskoeël het hulle dit genoem.

Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik gehou.

Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te help versorg. Haar droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van wildmisdaad te stig.

Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder oortuig sy is waar sy moet wees.

Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier.

En nou is hulle deur Tjaart, wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort, bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig.

Oor die outeur

Uit Elize Parker se pen het al veertig publikasies in Engels en Afrikaans verskyn waaronder Christenfiksie-romans, dagstukkie-boeke, gebedeboeke en familie-saga’s. Sy is ’n radionuus-verslaggewer wat spesialiseer in omgewingsjoernalistiek en die skrywer van die troostantekolom, Liewe Elize, in die Huisgenoot. Sy woon in Kaapstad maar is op haar gelukkigste in ’n ou Jeep op ’n kronkelpad na waar sy as stadsjapie met kamera en mikrofoon voorspraak vir bedreigde diere en klimaatsverandering kan maak.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans Elize Parker LAPA LAPA Uitgewers New books New releases Stil vloei die Komati


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments