Nuwe patrone en boeiende stories: Hekel en word heel 2 is ’n viering van 21 mense se oorwinnings!
More about the book!
Stories en patrone in Hekel en word heel 1 het talle hekelliefhebbers bemoedig en vol hoop gelaat. Die nuwe boek in die reeks sal ook. Dit bevat nuwe patrone en stories oor hoe hekel 21 mense deur moeilike en donker tye gehelp het.
Elke storie dien as inspirasie vir ’n motief en hierdie motief word in ’n projekpatroon gebruik. Daar is maklike en meer uitdagende patrone – iets vir almal!
Hekel en word heel 2 is ’n viering van 21 mense se oorwinnings!
Oor die samestellers:
Nadia de Kock is ’n skrywer van Johannesburg en het twee romans op haar kerfstok. Haar derde roman, Die wolkversamelaars, verskyn in 2019. Sy skryf gereeld artikels en kortverhale vir vrouetydskrifte. Nadia glo vas in die towerkrag van die digkuns, die vrede wat te vind is in die natuur, en in die helende krag van hekel.
Hilda Steyn is ’n bekende hekelontwerper van Pretoria. Gelouter deur die lewe kap sy vir haar ’n nuwe, gelukkiger paadjie uit met behulp van haar eindelose kreatiwiteit. Haar patrone word wêreldwyd geniet.
Jessica Haasbroek is ’n jong, vryskut hekelontwerper vir verskeie jaarnhuise in Suid-Afrika. Haar ontwerpe en kleurkombinasies is vars en modern. Sy is ’n inspirasie vir jong hekelaars wat die bedryf betree.
Lees ook:
Categories Afrikaans Lifestyle Non-fiction South Africa
Tags Afrikaans Crochet and Conquer Hekel en word heel Hekel en word heel 2 Hilda Steyn Jessica Haasbroek LAPA LAPA Uitgewers Nadia de Kock New books New releases