C

Annelie Botes gesels met Deborah Steinmair oor Voetstoots: ‘Mens moet oplettend wees oor wat rondom jou gebeur’
 More about the book!

Annelie Botes is nie iemand wat doekies omdraai nie. Soos sy self onlangs in ’n onderhoud aan Deborah Steinmair gesê het, ‘ek is nie ’n vrou wie se oggend- en aandpraatjies verskil nie’.

Haar jongste boek, Voetstoots, is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar se koerantrubrieke. Annelie het met Deborah gesels oor die woorde wat sy gebruik, die mense oor wie sy skryf, en hoe sy na al die jare nog iets het om te sê.

Lees die onderhoud:

Hoe op aarde kry jy jaar na jaar soveel om te sê?

’n Mens moet oplettend wees oor wat rondom jou gebeur. Elke dag het sy eie klein tablo’s wat op sypaadjies, in winkeltoue, by restauranttafels, in die verkeer afspeel. As jy dit nie raaksien nie, en ook nie daaroor nadink nie, sal jy niks hê om oor te skryf nie.

Rubrieke is ook soos gedigte: Jy het ʼn enkele helder beeld of metafoor nodig, dan loop dit, lyk dit my. Soos die geheue wat soos ʼn konsertinasoetkys is. Wanneer val die idees jou gewoonlik by?

As iets my emosioneel aanraak, word dit soos die gedrup van ’n lekkende dak in my kop. Hetsy vreugde, woede, frustrasie, verdriet, skok of walging. Wanneer ek emosioneel afstandelik staan van iets, skryf ek bitter moeilik daaroor.

Categories Afrikaans Non-fiction South Africa

Tags Afrikaans Annelie Botes Deborah Steinmair Interviews Litnet Penguin Random House SA Voetstoots


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments