Die geheim van ’n goeie leuen is om altyd bietjie waarheid by te voeg … Die goeie suster deur Henda Olivier is nou beskikbaar
More about the book!
Mila Berg is seker van een ding: Sy en Markus hoort saam. Vandat sy hom die eerste keer gesien het, was haar hart syne. Die feit dat hy ʼn vrou en kinders het maak geen verskil nie, want Mila het ’n plan. Sodra sy haar regmatige plek in sy gesin inneem sal die verlede nie meer saak maak nie.
Haar streng pa se frons sal nie meer rillings teen haar ruggraat afstuur nie. Haar ma sal haar weer in die oë kan kyk. Die liters bloed op die kombuisvloer sal skoongewas word. Hulle almal sal haar sien, raaksien vir meer as die goeie suster. Mila se werklike lewe is binne haar bereik. Al wat sy moet doen is kophou.
Oor die outeur
Henda Olivier is 34 jaar oud en bly tans in Auckland saam met haar man en haar twee kinders. Sy is ’n oud-onderwyseres (al is sy nog nie oud nie) en deesdae ʼn voltydse skrywer. Haar gunstelinggoed is goeie rooiwyn, ’n skaaptjop, om mense in koffiewinkels af te luister en adrenalien-lose aktiwiteite.
Categories Afrikaans Fiction South Africa
Tags Afrikaans Die goeie suster Henda Olivier LAPA LAPA Uitgewers New books New releases