Strafjaart

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: Strafjaart deur Theo Kemp wen die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe prosa

Die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- of tweede prosawerke, wat deel uitmaak van die kykNET-Rapport-boekpryse, gaan vanjaar aan Theo Kemp vir sy roman Strafjaart, wat by Penguin Random House SA verskyn het.

Op die kortlys vir die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe prosa: Lees ‘n uittreksel uit Strafjaart deur Theo Kemp

Die wenner van die Jan Rabie-Rapportprys word op 19 September bekendgemaak. Lees solank ‘n uittreksel uit Strafjaart deur Theo Kemp, ‘n storie waar hoop en wanhoop ’n maalkolk kan raak.

2020 kykNET-Rapport-boekpryse: Johan Jack Smith, Marita van der Vyver, Theo Kemp en die wyle Harry Kalmer verskyn op die kortlys

Aandag! Vier skrywers by Penguin Random House SA is vanjaar benoem vir die 2020 kykNET-Rapport-boekpryse. Veels geluk aan Johan Jack Smith, Marita van der Vyver, Theo Kemp en die wyle Harry Kalmer.

Benoem vir die UJ-pryse vir 2020: In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer, Strafjaart deur Theo Kemp en Zola deur Johan Smith

Goeie nuus! Penguin Random House SA het nie minder nie as drié boeke wat ingesluit is vir die Universiteit van Johannesburg-pryse vir 2020.