C

Wat doen jy as jou man se jong seun waarvan jy nie geweet het nie aan jou deur kom klop? Vind uit in Mieke deur Mariël le Roux
 More about the book!

Liefde vra soms van jou om onmoontlik dapper te wees …

Mieke se lewe verander binne ’n oogwink wanneer Boeta met sy koffer en ’n sopnat klein katjie aan haar deur klop. Boeta, die desperate lomp vyftienjarige seun wat verstandelik gestremd is en opsluit sy pa soek.

Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding óf sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand.

Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante van ’n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.

Mieke deur Mariël le Roux is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook as e-boek:

Oor die outeur

Mariël le Roux debuteer in 2007 met Wilhelmina: kampkind op Java. In 2010 verwerf sy tweede prys in die Sanlam Groot Romanwedstryd met haar roman, Die naamlose. Klara (2013) en Isabella (2017) volg. Marielle het lank Verpleeg- en Verloskunde doseer aan onder meer die Universiteit van Wes-Kaap. Sy het in 2008 afgetree, maar gou moeg geraak van stilsit. Sy en haar man woon nou in Durbanville.

Categories Afrikaans Fiction South Africa

Tags Afrikaans LAPA LAPA Uitgewers Mariël le Roux Mieke New books New releases


1 Votes

C

You must log in to post a comment

0 Comments